In Regsadvokaatdienste
Diedericks
Ingelyf is n dinamiese firma geleë in Mosselbaai en het sy ontstaan in 1999 te
danke aan die stigter, Stephanus Diedericks (Fanie). Die firma is bykans
onmiddellik deur Standard Bank se Aktebesorgers-paneel verwelkom. Hierna het
Eerste Nasionale Bank en ABSA gevolg. Fanie het dadelik besef dat daar ’n groot behoefte in die
korporatiewe mark bestaan vir unieke regsdienste en sodoende het die firma as
regsdiensteverskaffer by verskeie Maatskappye en Instansies betrokke geraak.
Nog ’n
mylpaal vir die firma was in 2004 toe Erasmus & Moolman, wat sedert 1989
handeldryf, saamgesmelt het met Diedericks Ingelyf en sodoende verdere
kundigheid en ervaring by die Firma gevoeg het.
Die Firma verskaf ook litigasiedienste aan groot versekeringsinstansies soos Clientele, Hollard, Europe Assist, Zurich om maar ’n paar te noem.
In
Februarie 2015 smelt nog ’n Firma, Terblanche van der Berg saam met Diedericks
Ingelyf. Terblanche van der Berg was ‘n gevestigde firma wat reeds 6 jaar
handel gedryf het in Mosselbaai. Die blote
feit dat kollegas hul kragte en kennis saamspan onder een naam dui op die goeie
reputasie van die firma. Die firma is
alombekend vir sy hoogste integriteit en professionaliteit terwyl kliënte ’n diens op gespesialiseerde
vlak ontvang. Ook die plaaslike
Munisipaliteit maak van die Firma se dienste gebruik wat betref litigasie en
eiendomsoordragte. As hul bydrae
tot die gemeenskap doen die Firma reeds sedert 2000 al die plaaslike Owerheid
se laekoste behuisingsoordragte.
Fanie het meer as 18 jaar ondervinding in Arbeidsverhoudinge en as regsadviseur vir Olie- maatskappye.
Nie net het hy sy B.Prok graad by UNISA verwerf nie, hy het ook ’n BA graad in Sielkunde en Sosiologie verwerf.
Hy ’n toegelate Prokureur met verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof, sowel as ‘n Aktevervaardiger. Voorts het hy ’n kursus in Bedryfsleiding suksesvol voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hy is ‘n veelsydige litigant en konsentreer op Familiereg, Siviele reg, Arbeidsreg en Kontraktereg (Testamente, koop-en huurkontrakte, trusts)
Jag en ’n potjie Gholf is van sy veelsydige belangstellings.
Niël het ‘n
BA Regte-graad by die Universiteit van Stellenbosch verwerf.
Hierna
voltooi hy sy klerk- skap by een van die oudste firmas in Kaapstad terwyl hy
ook ’n Diploma in Regte by UCT verwerf.
In 1973
word hy toegelaat as Prokureur en aktever- vaardiger.
Daarna
verhuis Niël na Mosselbaai en praktiseer as Vennoot by een van die oudste
firmas op die dorp.
Hy besef
toe daar is ’n vraag na ’n firma wat spesialiseer op sekere velde en vorm saam
met Mnr Erasmus die Firma Erasmus &
Moolman in 1989.
Hy dien vir
etlike jare as Kommissaris vir die Klein-eise hof. Ook is hy die stigterslid
van die Vista rolbalklub.
Niël het ‘n
liefde vir ou motors en geniet skiet kompetisies.