Ons Span

photo

FANIE DIEDERICKS

DIREKTEUR
Fanie het meer as 18 jaar ondervinding as personeelbeampte en regsadviseur vir Oliemaatskappye. Nie net het hy sy B.Prok graad by UNISA verwerf nie, hy het ook ’n BA graad in Sielkunde en Sosiologie verwerf. In 1996 groet hy eers die Oliemaatskappye en sluit aan by die regsfirma Erasmus en Moolman. Hy is ’n toegelate Prokureur met verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof, sowel as ‘n Aktevervaardiger. Fanie het ook ’n bestuursontwikkelingskursus suksesvol voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is sedert 1996 Regsadviseur vir ’n Internasionale Maatskappy. Vir ontspanning geniet Fanie dit om te jag en ’n potjie Gholf te speel.
Read more
photo

NIЁL MOOLMAN

PROKUREUR
Niël het ‘n BA Regte-graad by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hierna voltooi hy sy klerkskap by een van die oudste firmas in Kaapstad terwyl hy ook ’n Diploma in Regte by UCT verwerf. In 1973 word hy toegelaat as Prokureur en aktevervaardiger. Daarna verhuis Niël na Mosselbaai en praktiseer as Vennoot by een van die oudste firmas op die dorp. Hy besef toe daar is ’n vraag na ’n firma wat spesialiseer op sekere velde en vorm saam met Mnr Erasmus die Firma Erasmus & Moolman in 1989. Hy dien vir etlike jare as Kommissaris vir die Klein-eise hof . Ook is hy die stigterslid van die Vista rolbalklub. Niël het ‘n liefde vir ou motors en geniet skiet kompetisies.
Read more
photo

YOLANDE VAN DER BERG

PROKUREUR
Yolande het beide haar B.Com en LL.B Grade in 2005 aan die PUK voltooi. In 2008 word sy toegelaat as Prokureur en in 2009 as Aktevervaardiger sowel as Prokureur met verskynings- Bevoegdheid in die Hooggeregshof. Na die suksesvolle stigting en dryf van ’n nuwe firma besluit sy om deel te word van Diedericks Ingelyf ten einde gehaltediens te verseker. Sy hou van 4x4 en kamp
Read more
photo

MAXINE EDWARDS

PROKUREUR
Maxine het haar LL.B graad by die Universiteit van die Vrystaat verwerf in 2015. Sy het haar klerkskap begin by Arno Strydom Ing in Uitenhage en voltooi by CJ Bouwer Prokureurs. Maxine is sedert begin 2018 'n toegelate Prokureur van die Hooggeregshof. Sy praktiseer in siviele litigasie, skuldinvordering en Derdeparty Eise. Vir ontspanning hou Maxine van strandaktiwiteite en die buitelewe.
Read more
photo

ANRI

ADMIN ASSISTENT EN ONTVANGS
Matrikuleer in 2008 waarna sy haar B.Tech in fotografie voltooi in 2010. Daarna werk sy vir twee jaar as fotograaf op passasierbote regoor die wêreld. Sy keer dan in 2013 permanent terug na Suid-Afrika en werk onder andere by Sanlam en Old Mutual. Met 3 jaar se administratiewe ondervinding agter die rug, sluit sy dan in 2016 by ons span aan as admin assistent. Anri swot deeltyds onderwys en geniet kreatiewe aktiwiteite.
Read more
photo

NADIA

FINANSIELE ADMINISTRASIE
Nadia matrikuleer in 2000 met vrystelling waarna sy ’n sekretariële diploma sukses- vol verwerf. Daarna werk sy as sekretaresse vir verskeie groot maatskappye en besluit in 2009 om by Diedericks Ingelyf aan te sluit. Sy assisteer beide Fanie en Yolande en is ook verantwoordelik vir Debiteure en Krediteure. Sy stap graag in die natuur en doen mosaïek.
Read more
photo

ESMARE

BOEDELADMINISTRASIE
Esmare matrikuleer in 2003 met 3 onderskeidings en sluit aan by Diedericks Ingelyf. Sy voltooi verskeie kursusse in Aktebesorging suksesvol en skryf toe in by UNISA vir haar LL.B Graad. Esmare het die verpligte klerkskap as kandidaatprokureur voltooi. Esmare beredder boedels vir die afgelope 5 jaar. Sy soek graag skatte saam met haar verloofde en saam het hulle al verskeie geskiedkundige stukke ontdek.
Read more