Vervoerdienste soos Uber is gerieflik en gewild. Jy het dalk al gelees oor aanvalle deur “Uber nabootsers”, sowel as oor ander veiligheidsoorwegings. In die lig van die “veiligheid eerste” beginsel, is dit belangrik om altyd jou gesonde verstand te gebruik en ‘n paar voorsorgmaatreëls in gedagte te hou wanneer jy sulke dienste gebruik.

Voordat jy weer in ‘n Uber klim, bestudeer eers hulle “Driving safety forward” blad hier. Let veral op die 3 stappe wat jy altyd moet volg voordat jy in die voertuig klim, in die “Check your ride, every time you ride” afdeling (vind dit so ongeveer halfpad ondertoe op die bladsy). Wees ook bewus van die veiligheidsfunksies tot jou beskiking in die toepassing (“app”) self – hulle word gelys in die “Designing a safer ride” afdeling. 

Kyk dan ook na Uber se “Safety Never Stops” video op YouTube

Uit die HAT: Vertelkunsterapie s.nw.  Psigoanalitiese benadering/tegniek waardeur die terapeut die kliënt (pasiënt) help om sy/haar lewensverhaal uit te bou en te verryk en daardeur probleemareas uit te lig en aan te pak.